“’n Geduldige
man het meer waarde as ‘n bedrewe vegter, ‘n mens met selfbeheersing meer as
iemand wat ‘n stad inneem.” Spreuke 16 vers 32
Kies
vandag om met liefde te reageer op moeilike omstandighede in jou huwelik in
plaas van geirriteerheid. Begin deur ‘n
lys te maak van waar jy tyd in jou skedule moet inwerk en daarna ‘n lys van
verkeerde motiverings wat jy uit jou lewe moet haal.
JOURNAAL INSKRYWING 30/07/2014
Die uitdaging is in werklikheid tot op die stadium 'n herhaling oor en oor. Wees geduldig. Al jy geduld beoefen sal jy nie onbeskof of geirriteerd wees nie. Jy sal bedagsaam en goedgesind wees. Jy sal nie net aan jouself dink nie. Dit is wat liefde is. Dit is wat liefde veronderstel is om te wees.
Ek werk hard aan myself en probeer om in liefde te lewe.
Gisteraand was ek net ek. Ek was niemand se ma nie. Ek was niemand se vrou nie. Ek was niemand se kind nie. Ek was net EK. Die ek wat verlore gebly het omdat al die ander rolle in my lewe prioriteit bo my ontvang het.
Ek het gelag en gedans en gesing. Myself geniet. Vry gevoel. Gelukkig gevoel. Deur myself te wees het alles wat die uitdaging my probeer leer self in plek geval. Ek was geduldig en vriendelik en bedagsaam. Ek was nie selfsugtig of geirriteerd nie. Omdat ek myself nie onderdruk het nie.
Ek weet dit is nie waaroor die uitdaging vandag gegaan het nie, maar ek voel beter. Sien kans vir enige iets wat voorlê, want ek het besef ek is ook belangrik. Wanneer ek met myself gelukkig is kan ek ander mense gelukkig maak.
Ek gaan meer tyd inruim om soos gisteraand my gesin te geniet. Ons het almal gelag en was gelukkig.
Ek gaan tyd vir myself maak. Ek weet dit klink of dit net oor my gaan. Maar elke vrou of man moet een of ander tyd net iets vir hulleself doen.
Die slegte motiverings is ek nie van seker nie. Spanning sal tog altyd in jou lewe wees. Of dit persoonlik of werk of van buite af kom. Jy kan slegs besluit hoe jy op die spanning gaan reageer.
No comments:
Post a Comment