“As iemand sy
buurman vroegdag met ‘n geskreeu môre-sê, kan mense dink hy is besig om hom te
vloek.” Spreuke 27 vers 14
Vra
jou eggenote met jou drie dinge te deel wat hulle ongemaklik of geirriteer maak
met jou. Onthou om nie ‘n aanval te loots nie of jouself te probeer verduidelik
nie. Dit is slegs uit hulle perspektief.
JOURNAAL
INSKRYWING – 29/07/2014
Hier
kom moed hou en kop hou baie ter sprake.
Luister sonder om te antwoord.
Luister. Hoor wat jou maat
sê. Moet nie jou gedrag probeer
verduidelik nie. Moet nie aanval
nie. Luister.
Ek
het besluit om voor ek my maat vra watter 3 van my gewoontes of optredes hom
die mure uit dryf, ek eers die 3 gaan kies wat ek dink.
My
ongeduld – Ek is meer as seker dat hierdie punt nommer een op sy lys ook gaan
wees. Met 7 dae agter die rug waar ek
hard probeer om nie ongeduldig te wees nie, weet ek die pad is nog lank.
My
pessimisme – Ek sien altyd die slegste dinge eerste. Maak nie saak of dit mense of besigheid is
nie. Ek maak ‘n opsomming en dit is dit.
Ek is nie bereid om daaroor te debateer nie.
My
wantroue – Ek sukkel met verroue. Ek
vertrou nie maklik nie. As jy eenkeer ‘n onwaarheid vertel het, maak nie saak
hoe klein of onskadelik nie, sal ek alles wat jy daarna sê met ‘n knippie sout
neem.
Ek
is ‘n wantrouerige, ongeduldige pessimis.
Ja ek het dit gesê. Maar ek werk
daaraan. Ek werk aan myself, want ek wil
‘n beter persoon wees.
My
man se perspektief : “Daar is nie iets aan jou wat ek wil verander nie. Ek het met jou getrou net soos wat jy
is. Nie om jou anders te maak nie.” (En daar skree my binneste “Maar ek het
verander. Ek is nie meer daai vrou met wie jy getrou het nie.”) Of dit is omdat
hy nie wou sê nie of omdat hy werklik niks aan my wil verander nie sal ek nie
weet nie.
Dag
6 hier kom ek.
No comments:
Post a Comment