"Betoon hartlike
broederliefde teenoor mekaar, bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar
daarin tot voorbeeld." Romeine 2 vers 10
Waarin jy jou tyd, geld
en energie spaandeer is wat vir jou die belangrikste sal word. Dit is moeilik
om om te gee vir iets waarin jy nie belê nie. Beoefen van dag geduld,
goedgesindheid en koop iets vir jou eggenote wat sê :"Ek het vandag aan
jou gedink."
JOURNAAL INSKRYWING -
25/07/2014
Dag 3 was uiters
suksesvol. My geduld het die hele dag
gehou. Ek was vriendelik en het vir my man iets gekoop wat my aan hom laat dink
het. Hy het my deur die middag gebel om
te sê hoe sy beplanning loop (Ek het amper op my rug geval. Dit is iets wat hy maande laas gedoen het) en
hy was net na 17h00 by die huis (weereens kon ek die skok nie weg steek nie)
Ons het lekker gesels
oor my en sy dag. Hy het my vasgehou in
die aand en gesê hy is lief vir my. Ek
was verras en gelukkig. Ek weet dat dit
gedeeltelik met my gedrag te doen het.
Wanneer jy vir iemand
lief is en voel dat daar op ‘n stadium niks anders as liefde oor is nie, is dit
jou verantwoorderlikheid om die beter te maak.
‘n Huwelik is tog nie net ‘n speletjie nie. Dit is harde werk. En solank jy bereid bly om te werk aan jou
huwelik kan enige iets gebeur.
Ek is opgewonde oor my
huwelik. Ek is opgewonde om myself te
verbeter. Ek is opgewonde om my man se
potensiaal te sien. (Na 12 jaar saam was gister een van die lekkerste dae wat
ek saam met my man gehad het en ons het nie iets buitengewoons gedoen nie, net
iets wat mens elke dag doen.)
Ek is ook opgewonde oor
my liefdesreis. Dag 4 hier kom ek!
No comments:
Post a Comment