“Hoe wonderlik
is u gedagtes vir my o God, hoe magtig hulle almal. As ek hulle sou wou opnoem
– hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek
nogsteeds met u te doen hê.” Psalm 139 vers 17 & 18
Wees
geduldig, goedgesind en onselfsugtig. Kontak jou eggenote gedurende die
dag. Moet geen agenda hê nie, vra net
hoe dit gaan en of daar enige iets is wat jy kan doen om hulle dag beter of
makliker te maak.
JOURNAAL
INSKRYWING 28/07/2014
Die
uitdaging is moeiliker as wat ek oorspronklik gedink het. My geduld het die laaste dae baie verbeter,
maar ek het besef dat ek selfsugtig is.
Ek wil nie my man deel nie. Nie met enige iemand, behalwe my seuntjie
nie. Ek wil nie die kosbare tyd wat ons
as ‘n gesin het korter maak deur ander mense in ons tyd toe te laat nie.
Ek
hou daarvan as my man by my is. Ek hou
daarvan as ons tyd saam spandeer soos nie naweek. Ek is mal daaroor as ons nie
nodig het om te praat nie, maar steeds mekaar verstaan.
Ek
het D deur die dag gebel net om te hoor hoe dit met hom gaan en of ek iets kan doen
om te help. Hy het baie stil geraak,
verbaas omdat ek nie wil weet oor hoe laat hy huis toe kom of waarmee hy besig
is nie. Hy het na die stilte gesê hy is
lief vir my en dat hy my later sal sien.
Nie ‘n antwoord op my vraag nie.
Ek
vind my optrede vreemd. Ek weet dit is
omdat dit nuut is, maar dit is nie maklik om herhalend jou gedagtes op geduld
te fokus nie. Wat wel makliker word is
die feit dat my trane nie sommer dadelik loop nie, my opvlieendheid amper verdwyn
het en my liefde vir my man groei.
Ek
dink baie aan die mense om my se huwelike.
My ouers se huwelik is ‘n goeie voorbeeld, hulle het ook deur donker tye
gegaan, maar dit lyk of hulle sterker aan die ander kant uitgekom het. My grootouers se huwelike was van wat ek kan
onthou ook mooi en goed. My ouma het my
oupa met tye tee gegaan, hom iets onvanpas toegesnou, maar hy het geweet sy is
lief vir hom.
Is
dit moontlik dat ons jonger (laat 70’s en vroeë 80’s gebore) generasie te
maklik opgee? Is ons dalk effe
gebreinspoel om nie te baklei vir wat ons wil hê nie? Of het ons te maklik
gekry dat ons nie weet hoe om wat ons sin is op te pas nie?
Ek
wil graag die tipe huwelik hê waarop my kind kan trots wees. Daai een wat vir hom die beste voorbeeld gaan
wees en ek gaan nie opgee tot ek daai huwelik het nie.
No comments:
Post a Comment