“Wees
goedgesind en hartlik teenoor mekaar en vergewe mekaar soos God julle ook in
Christus vergewe het.” Effesiers 4 vers 32
Net
soos in dag 1 beoefen geduld en verwyder negatiwiteit uit jou verhouding, maar
voeg ‘n onverwagste gebaar by. Doen te
minste een iets wat jou eggenote nie verwag het nie.
Journaal
Inskrywing - 24/07/2014
08h
30
Ek
staar na vandag se uitdaging. My
gedagtes ‘n warboel. Nie net omdat ek
nie dag een susksesvol kon slag nie, maar omdat ek voel ek steek ‘n hand uit
maar die hele arm word af geruk. Deur
nie ongeduldig met hom te wees nie het hy nog later as van te vore huis te
gekom en my glad nie laat weet wat aangaan nie. Dit is moeilik, want dit voel
of die duiwel probeer om my goeie intensies te omskep in ernstige probleme.
Wees
goedgesind. Wees goed. Moenie slegte
gedagtes in jou hart vasmaak nie. Wees hartlik. Wees oop en lief. Moenie jou hart swart laat raak nie. En dan
vergewe mekaar.
God
kan ons enige iets vergewe, hoekom is dit dan so moeilik vir my om my man se
onbedagsaamheid te vergewe? Ek weet
nie. Seker net met die Here se hulp.
Die
verwagte gebaar sal wees om my man ‘n lang boodskap te stuur waarin ek my pyn
en hartseer verduidelik. Of my onverwagte
gebaar kan ‘n pan oor die kop wees as hy weer laat kom (Volgens my suster gaan die een nie die paal haal nie) So die
onverwagte gebaar sal wees om hom ‘n booskap te stuur – EK IS LIEF VIR JOU! – En daarna sonder om iets terug te verwag aan
te gaan met my dagtake.
18h00
My
onverwagte gebaar is toe om ‘n vuurtjie te maak en ietsie te braai. My man is mal oor braai, maar ek beperk dit
gewoonlik tot naweke. Het deur die dag die nodigste goedjies gekry en het net
na 17h00 die vuurtjie gemaak. Maar tot
nou nie ‘n woord van my man nie. Ek het
hom ‘n boodskap gestuur dat ek hom lief het.
En later een om te vra of hy saam met ons wil braai. Die eerste een is geantwoord met “Ek vir jou
ook – jy is my enigste”, maar die 2de een het ongeantwoord gebly.
My
gemoedere is vanaand weer nie lekker nie.
My seuntjie het vir 45 minute vanmiddag verdwyn. Ek was mal van bekommernis. Hy is gelukkig gevind waar hy heerlik sit en
speel.
Ek
het maar klaar gebraai. Miskien is die
winter nie die slimste tyd om te wil braai. Die koue is nogal knypend. En nou wag ek vir my man. Oefen my asemhaling,
glimlag en my stil bly tegniek. En intussen bid ek dat die Here my vanaand
geduld gee.
Love
is patient, Love is kind…..
04h00
Ek
kan met alle eerlikheid sê dat ek gisteraand geduldig kon bly. Hy was laat en
het my gebaar gemis en nie ‘n woord daarna gerep nie. Dinge was vreemd. Hy wou nie met my praat oor
sy dag nie. Hy wou niks deel nie en as
ek vra of iets fout is dan was die antwoord net nee. Ek kan sien iets pla hom baie, maar gaan nie
nou die onderwerp druk nie.
‘n
Uitdaging is nooit maklik nie, jy moet nie onder die indruk wees dat alles
outomaties in plek gaan val nie. Dit is
harde werk.
Ek
gaan dag 3 in met ‘n positiewe denkwyse.
Ek kan dit doen! Ek kan ‘n beter mens wees. Ek kan my man se steunpillaar wees, want ek
is lief vir hom en sal enige iets vir hom doen.
No comments:
Post a Comment