“Wees altyd
beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.” Effesiers 4 vers
2
Die
eerste gedeelte van die uitdaging is eenvoudig.
Alhoewel liefde op baie maniere gekommunikeer word, kan ons woorde duidelikheid gee oor wat in
ons harte aan die gang is. Vir die volgende dag neem die besluit om geduld te
beoefen en negatiwiteit uit jou verhouding te haal. Wanneer die verleiding wel opduik, plaas
eerder ‘n wag voor jou mond en sê
niks. Dit is beter om stil te bly
as om later spyt daaroor te hê.
Journaal Inskrywing
23/07/2014
Na
aanleiding wat die laaste 4 maande in my huwelik aangaan, het ek die besluit
geneem om eerder iets te probeer as om my maat verder van my af weg te dryf. Ek het Fireproof jare gelede gekyk en het
onthou van die “LoveDare”. My man weet nie dat ek met die uitdaging begin het
nie.
Ek
is ‘n ongeduldige mens. Ek weet dit en
my man weet dit. Dat my eerste dag moet
afskop met geduld het my moed in my skoene laat sak. Gelukkig het ek besef dat
ek net moet stilbly. Niks moet sê waar
ek gewoonlik dadelik oprukkerig raak nie.
Dit is makliker as om te moet luister en verstaan wanneer jy nie wil
nie. Wanneer dit vir jou voel jy word te
na gekom. Bly net stil.
Dit
is nie dat ons nie praat nie, maar ons gesprekke gaan meeste van die tyd oor sy
werk of die feit dat hy laat werk of oor hy sê hy werk laat terwyl hy aand na
aand drink en saam met vriende kuier. (En dit is net hier waar ek diep moet
asem haal en geduld beoefen. My hartklop
het die hoogte in geskied deur net daar aan te dink)
Hoe
het my dag sover afgeloop? Van 05h00 vanoggend af tot nou 16h20. Tot hier het ek nog nie my man ongeduldig
hanteer of iets gesê waaroor ek spyt is nie. Ek het hom vriendelik gegroet en vriendelik
geantwoord as hy bel. Ek het nog nie
begin boodskappe stuur om te hoor hoe laat hy tuis sal wees nie. (Ja die
verleiding is baie erg, maar ek gaan dit nie doen nie.) Ek het nog nie eers my
gewone self gesprek routine begin nie. (Dit is waar ek solank my aanval oefen
vir wanneer my man tuis sal kom) Ek
probeer so kalm as moontlik bly en om tot by tien te tel en asem te haal help
rerig.
Dit
is nou net na 03h00. Al die goeie
voornemens om stil te bly het gister aand ‘n halfuur nadat my man by die huis
in gewals gekom het by die deur uit gevlieg. Moes eers hoor van sy harde dag se
werk en al die baie nonsens wat daar mee gepaart gaan, stukkies van die stories
wat klein onwaarhede vorentoe bring. Ek het vriendelik daarna uitgevra en weer
geluister hoe dit verander. Daar was gewerk maar daar was by “Drie Bruggies”
ook gekuier en gedrink en gelag en gesels.
Ek
het op my tande gekners, maar kon nie stilbly nie. Oor en oor het ek in my
gedagtes gesê “Be completely humble,
gentle and patient!” Hy is weer laat
omdat kuier en drank en vriende bo sy gesin gekom het. Ek dink nie hy besef hoe seer hy my maak
nie. Hy weet nie dat hy elke aand my
hart in duisende stukkies breek nie. Ek
weet nie hoeveel ek meer kan vat nie.
Dit is nie hoekom ek met hom getrou het om aand na aand te wag dat hy
half nugter by die huis aan kom nie. Ek
wil nie meer ons 5 jarige seuntjie se vrae ontduikend antwoord nie.
Sy laaste woorde aan my was “Ag fok weet jy…………………”
Myne aan hom was “Ek voel dieselfde, my man!” Ek het omgedraai en in die bed
gaan klim, kon nie die trane keer nie. Ek het myself geforseer om toe hy later
in die bed klim te se lekker slaap. Geen
nag soen, geen vashou. Net koue en trane
en eensaamheid.
Nee
ek is nie spyt oor wat ek gesê het nie. Daar was seker ‘n mooier manier om dit
te stel, maar ek kon nie. Ek kon nie stilbly nie. Die eerste uitdaging het ek gefaal omdat ek nie
net kon omdraai en weg loop en my mond hou nie.
Ek
weet alles wat die moeite werd is vat harde werk en 40 dae is nie ‘n baie lang
tyd nie. Maar ek dink nie die dag was ‘n
totale mislukking nie. Ek het iets geleer. Ek moet elke dag bietjie geduldiger
met myself ook wees. Geduld is nie net gereseveer vir jou eggenote of kinders
nie. Jy kan geduld met jouself ook
beoefen. Solank jy net in die regte
rigting bly beweeg al is dit klein treetjies.
Nou
sluit ek af want die hoofpyn van gisteraand se uitbarsting (nie soos al my
voriges nie) moet gestop word en ek moet slaap in kry vir die dag wat voorlê,
want ek sien kans vir die volgende uitdaging.
Dag 1 was dalk nie my beste dag nie, maar dit beteken Dag 2 kan net
soveel beter wees.
No comments:
Post a Comment